GAB -Die Plek waar rassiste vry is.

2518734611_dba6dbcf36_bVerlede week lees ek ‘n artikel in Fin24Tech met die opskrif  “White supremacists flock to new social network ‘Gab’”. Gab is ‘n nuwe sosiale netwerk wat belowe dat deelnemers se inhoud nooit gesensor gaan word nie. Gab is die plek waar rassiste veral vry is om te sê wat hulle wil sê. Onder andere staan daar:

Launched in August, Gab has become known as a safe haven for the “alt-right” movement dominated by the white supremacists who are helping fuel America’s deepening polarisation.

Die sosiale platform het ontstaan nadat Twitter die gebruikers wat rassistiese uitsprake gemeek het, se rekenings gesluit het. Die rassistiese uitsprake het natuurlik toegeneem nadat Donald Trump tot president van die VSA verkies is. In die artikel staan daar ook:  Continue reading “GAB -Die Plek waar rassiste vry is.”

KERKBODE: 11 BEREI VOOR VIR REGSTAPPE – DOLEANSIE?

compassion-training-hr-departmentIn ‘n artikel wat gister in die Kerkbode (Ek hoop jy het al die Kerkbode app op jou foon of tablet of rekenaar afgelaai.) verskyn het, neem die NG Kerk kennis dat 11 lidmate van die NG Kerk, wat al baie lank dreig om die kerk hof toe te sleep, nou sekere dokumente aangevra het sodat hulle kan voorberei vir verdere regstappe teen die NG Kerk na aanleiding van die besluit van die 2016 Buitengewone Algemene Sinode met betrekking tot selfdegeslagverhoudings.

Die NG Kerk is in ‘n baie moeilike posisie. Met die besluit oor selfdegeslagverhoudings in 2015 was lidmate ontevrede en het sommige (dalk baie) lidmate die kerk verlaat. Continue reading “KERKBODE: 11 BEREI VOOR VIR REGSTAPPE – DOLEANSIE?”

HOSPITAALBESOEK

sickbedDrie hospitale in een oggend. Vyf pasiënte by drie hospitale. Een gaan vir ‘n groot operasie. Sy wil graag hê haar predikant moet vir haar bid voor sy teater toe gaan later die oggend. Ek dink ek moet vroeg daar wees, voordat sy haar “pre-med” kry. Ek lees saam met haar ‘n paar verse uit Psalm 31 en bid saam met haar. Sy sê sy sien kans vir die operasie. Die ander een is in ICU in dieselfde hospitaal. Sy kan nie praat nie. Kan nie eers haar oë oopmaak nie. Sy druk net my hand en knik stadig en met moeite haar kop as ek vra of ek vir haar kan lees en bid. Ek lees dieselfde verse en bid vir haar. Wanneer ek klaar is loop die trane oor die wange. Oë het nog steeds nie oopgegaan nie. Wanneer ek wegstap, wonder ek of ek haar weer lewend sal sien.

Toe kom die tweede hospitaal. ‘n Ma en ‘n ouma is baie siek. Volgens my gesprek met die kinders laat gisteraand is sy waarskynlik sterwend. Ek meld aan by ontvangs. Net soos by enige hospitaal. Die vriendelike man wys daarop dat dit nie besoektyd is nie. Continue reading “HOSPITAALBESOEK”

GESELSRADIO en ONWETTIGE IMMIGRANTE

Ek bring baie tyd in die motor deur. Vanoggend NG Gemeente Booysen toe en hospitaal toe en na mense toe waarvan die oupa oorlede is. Baie kere as ek ry verkies ek stilte. Ander kere luister ek radio. Iewers in hierdie jaar het ek begin om Radio 702 te luister. Dalk was dit die een oggend toe ek rondsoek na iets om te luister en ek John Robbie se program vroeg die oggend hoor. Ek het dit geniet. Die interaktiewe radioprogram waar mense op verskillende maniere kan deelneem aan die gesprek en die eerlike, openhartige en reguit manier van gesprekvoering.

Radio 702 laat my dink. Radio 702 laat my soms ongemaklik voel. Redi Tlhabi is een van die aanbieders later in die oggend. Toe sy met verlof gaan, toe los Eusebius McKaiser haar af. Omstrede is om dit sag te stel. Continue reading “GESELSRADIO en ONWETTIGE IMMIGRANTE”

Besig om te herstel

Dalk moet ek begin deur te sê dat ek vir verskeie redes my vorige blog laat verval het en dit ook gesluit het. Ek het sedert Mei van 2015 nie een inskrywing gemaak nie en so ‘n bietjie tyd weg van die blog geneem. Ek is nou weer besig om my blog te herontwerp en hierdie is my eerste inskrywing.

Ek het op 23 November 2015 ‘n skouervanging gehad. Die pyn is glad nie so erg nie, maar ek is verbaas hoe kragteloos ek na die operasie is. Continue reading “Besig om te herstel”