Gebed 12 Januarie 2017

Hemelse Vader, hierdie dag is ‘n geskenk uit U hand wat U vir my gee. Ek wil hierdie dag weereens gebruik om U medewerker in hierdie gebroke  wêreld te wees. Ek weet egter ook dat dit dikwels nie baie lank neem nie vir die besig wees van die dag en alles wat gebeur om eerstens die seker wete van U nabyheid op die agtergrond te druk nie. Tweedens raak ek dikwels so besig met die eise van die alledaagse lewe dat ek vergeet om daarop ingestel te wees om raak te sien waar U reeds aan die werk is. Maar tog is dit ook so dat ek soms aan die einde van ‘n dag kan terugkyk en kan sien waar U besig was en ek hoe ek daarby ingepas het.

Gister kon ek sien dat U in jong ouers se lewens aan die werk is. Ek het nie een keer tydens ons gesprek daaraan gedink dat ek nou besig is met dit waarmee God besig is nie. Tog het ek gisteraand besef daat dit wel so uitgewerk het.

Toe ek gistermiddag Sondagaand se preek begin skryf, was ek onmiddelik bewus daarvan dat U my gelei het. Dankie dat U ook daar aan die werk was en so, Heilige Gees, ook in gisteraand se gesprek en beplanning.

Dankie dat U sonder ophou voortgaan om hierdie skepping wat aan U behoort, nuut te maak en in besonder dat die verlossing wat U bewerk het, daagliks verder en verder geneem word.

Dankie dat U nie sal ophou werk net omdat ek vergeet dat U werk nie.

Dankie veral dat ek deel van U werk kan wees selfs al is ek nie altyd bewus daarvan nie.

AMen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s