Gebed 11 Januarie 2017

Hemelse Vader, ek is vanoggend baie bewus daarvan dat hierdie wêreld nie ‘n volmaakte wêreld is nie. Maar tog bly dit U skepping en is ek net so bewus daarvan dat U nie U rug op hierdie gebroke wêreld gedraai het nie, maar juis deur U eie Seun, Jesus Christus, in hierdie gebroke wêreld kom leef het sonder om deel van die gebrokenheid te wees.

Ek sien ook die tekens van hierdie gebrokenheid in my eie lewe. Ek sien en beleef hoe ek sukkel om alles te wees wat ek weet U bedoel het dat ek moet wees.

Maar in hierdie gebrokenheid is daar ook die tekens dat U aan die werk is. Daar is duidelike tekens dat U op sommige plekke die gebrokenheid heel maak en nuut maak. Dankie dat U ook deur U Gees aan my die genade gee om van tyd tot tyd raak te sien waar U werk en hoe U werk. In die skepping en in my lewe is U die Her-Skepper, die Een wat alles nuut maak. U is die pottebakker en ek is die klei, vorm my tot U eer. Here Jesus, U is die wynstok en ek is een van U lote. U, Vader, is die boer. Snoei my ook waar en wanneer nodig sodat ek ook vrug kan dra.

Her-Skepper, maak die skepping nuut en maak dit sigbaar dat ek ‘n nuwe skepping is.

Pottebakker, vorm my en vou my al kry ek seer.

Boer, snoei my reg sodat ek nog meer vrugte kan dra.

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s