Gebed 10 Januarie 2017

U is by my en in my en om my en elke ander mens. Ek, en elke ander mens, leef van oomblik tot oomblik in U teenwoordigheid. Gee in hierdie dag aan my die genade om U teenwoordigheid te erken en ook te herken. Laat U koninkryk op die aarde kom net soos in die hemel.

Gee aan my die genade om altyd op soek te wees om daardie dinge te doen wat U goedkeuring sal wegdra en U hart sal verbly. Maak my wil aan U wil gelyk. Nie my wil  nie, maar U wil geskied.

Vorm my deur die werking van U Gees tot iemand deur wie se gebroke lewe die heerlikheid van die opgestane Here Jesus al hoe duideliker in die duisternis van hierdie wêreld sal skyn. In U hande gee ek my lewe oor.

Vernuwe my gedagtes sodat ek sal dink wat U dink, en ek sal liefhê wat U liefhet en soos U liefhet. Vernuwe my sodat ek sal haat wat U haat en soos U haat. Vorm my sodat dit vir my onmoontlik sal wees om enige iets te soek wat vir U nie aanvaarbaar sou wees nie. Verander my hele lewe deur my denke te vernuwe.

Wees ook in hierdie dag my Verlosser. Ek bid hierdie dinge omdat ek U liefhet. Ek besef dit is ‘n onwaardige liefde, maar tog het ek U lief met alles wat in my is.

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s