GEBED VIR 8 JANUARIE 2017

Heilige God en hemelse Vader, U het my gevul met die vreugde van U genade en U verlossing. Skenk in hierdie dag aan my die vermoë om al die dinge wat U my geroep het om te doen, met vreugde en sonder enige teëspraak te doen.

Heilige Gees gee aan my die toewyding dat ek aan die einde van hierdie dag sal kan terugkyk en weet dat ek gedoen het wat ek moes doen en dat ek kan gaan slaap in die wete dat my lewe deur U genade heilig en onberispelik was.

Gee, hemelse Vader,  dat ek as U kind in hierdie  wêreld sal lewe sonder om te leef asof ek van hierdie wêreld is. Gee dat my lewe in alles sal getuig dat ek ‘n kind van God is wat as burger van die hemelse koninkryk in hierdie wêreld lewe.

Laat my in hierdie dag skyn soos ‘n helder lig, veral in ‘n wêreld waar die duisternis dreig om elke vorm van lig uit te doof.

Here Jesus, Help my om in hierdie dag styf vas te hou aan die wete dat U my geroep het om U volgeling te wees en dat U plan met my behels dat ek ook ‘n visser van mense sal wees. Gee aan my die wysheid om in elke omstandigheid en in elke situasie te onderskei hoe U wil hê dat ek ‘n getuie van die drie-enige God moet wees, vir die mense rondom my.

Verhoor my persoonlike gebed vir my lewe en die lewe van die mense rondom my.

Aan U al die eer vir nou en vir altyd.

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s