Gebed vir 27 Desember 2016

Group of teenagers sitting in classroom with raised hands.Hemelse Vader, vandag wil ek dankie sê vir al die dinge wat ek dikwels so as vanselfsprekend aanvaar. Dankie selfs vir die moeilike en slegte tye in my lewe. Dankie dat ek deur die werking van U Gees nie net U wonderlike en volkome vergifnis kan beleef nie, maar dat ek ook kan beleef wat dit beteken om deur ander vergewe te word en om self te kan vergewe.

So naby aan Kersdag dank ek U nog steeds vir Jesus Christus U Seun wat mens geword het en al die genade-geskenke van U wat deur Hom tot by ons gekom het. Genade geskenke as die dinge wat ek ontvang het waarvoor ek nie ‘n vinger gelig het nie. Alles is en was net genade op genade, genade in oorvloed.

Vanoggend is ek dankbaar vir U onverdiende genade in my kinderjare. Dankie dat ek as jong kind na ‘n skool toe kon gaan waar daar onderwysers was wat in staat was om my van kleins af te leer wat ek nodig het om te weet om vandag te kan wees waar ek is. Ek bid vir daardie plekke en mense in ons land waar vandag nog steeds nie so is nie.

Dankie dat ek in my skooljare in die middae huis toe kon gaan en dat my ouers en ander mense in staat was om my te help omdat hulle self ook by sulke onderwysers skool gegaan het. Ek bid vir daardie plekke en mense in ons land waar dit nie so is nie.

Dankie dat niemand in my voorgeslag moes sterf sodat ek kon skoolgaan nie. Ek bid vir daardie plekke en mense in ons land waar dit nie so is nie.

Maak my meer en meer bewus van die besonder bevoorregte posisie waarin ek is en leer my om ook na ons land se omstandighede te kyk deur die oë van mense wat nie so bevoorreg is nie. Gebruik my om U koninkryk in sulke omstandighede te laat kom.

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s