Gebed 26 Desember 2016

Here God Almagtig, ek aanbid U as hqdefaultdie ongeskape God deur wie alles geskep is. Ek aanbid U as die Een wat in die begin reeds daar was en toe gedoen het wat net U kon doen: U het geskep. Ek aanbid U as die Een wat op op Kersdag gedoen het wat net U kon doen en net U kan doen: U, het as die Woord deur wie alles geskep is, mens geword en onder ons kom woon.

En nou is dit my hartsbegeerte om te so te leef dat Kersfees, die Woord wat vlees word en ‘n liggaam aanneem, nie ‘n eenmalige gebeurtenis sal wees nie, maar dat U menswording in my lewe en in my optrede weer en weer en meer en meer gestalte sal kry. Ek is dankbaar dat U deur U Gees dit vir my moontlik gemaak het om vandag te sê: Ek is ‘n kind van God. Die wonder van U lig het ook in die duisternis van my eie lewe kom skyn en vandag weet ek dat die duisternis dit nie kon uitdoof nie en ook nie sal uitdoof nie.

Ek verklaar vandag opnuut dat ek U eiendom is en dat ek U erken en dat ek U aanvaar en aanneem en dat ek in U glo. Ek jubel in die wete dat ek U kind is. Wanneer ek dit verklaar en bly dan besef ek alte goed dat ek U begenadigde is. Uit U wonderlike oorvloed het ook ek ontvang genade op genade. Ek is dit genadiglik nie deur die besluit van enige mens nie, maar enkel en alleen deur dit wat U onverdiend oor my lewe stort.

Dankie, dankie, dankie Here Jesus dat U die Een, wat nog nooit gesien is nie, op so ‘n manier ook aan my bekend kom maak het, dat ek Hom “Vader”mag noem en dat ek kan weet dat Hy my “kind”noem.

Amen

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s