Gebed vir 25 Desember 2016

praying_hands_bible_table_actge7Hemelse Vader, help ons om op hierdie dag die geboorte van U Seun en ons Verlosser te vier met die liedere soos die engele; met blydskap soos die herders en met aanbidding soos die wyse manne.

Soos U deur U menswording die deur van die hemel oopgemaak het en hier tussen ons kom woon het, bid ons dat U deur ons, U kinders, se lewens in hierdie lewe vandag weer deure sal oopmaak. Gee dat ons as kerk en as gelowiges vandag en elke ander dag, die deur sal wees na liefde wat in die hart van die Vader ontspring, in die lewe van die Seun gesien word en deur die werking van die Gees beleef word. 

Vul ons stemme, ons aanraking en ons oë met vriendelikheid en verwelkoming, sodat elke mens in hierdie dag U teenwoordigheid deur ons sal beleef. Gee dat ons blydskap en ons feestelikheid sal getuig van reinheid en heiligheid. Gee dat ons hierdie dag sal beleef dat U ons vergewe het en dat ons ook deur mekaar vergewe is en vergewe word.

Gee dat ons op hierdie Kersdag vol blydskap sal wees vir die voorreg om U kinders te mag wees. Wanneer ons dan vanaand aan die einde van die dag tot rus kom, gee dat ons met dankbare harte sal terugdink en sal weet dat U in alles saam met ons fees gevier het.

Ons vra dit in die Naam van Jesus, die Seun van God en ons Verlosser.

Amen

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s