Gebed vir 24 Desember 2016

Here Jesus, U is die lig vir die wêreld. In hierdie tyd vier ek saam met so baie ander U geboorte. Ons dink aan die dag toe U die hemelse woning verlaat het en in ‘n woonbuurt soos myne, ingetrek het. Ek dank U vir die lig waarmee U elke mens, en ook vir my, verlig het. Ek dank U dat daardie lig ook die lig is waarmee U my denke vernuwe. Ek wil die wêreld en die mense in hierdie wêreld in daardie lig sien.

In U optrede, toe U in ‘n woonbuurt soos myne kom woon het, wys U vir stock-footage-a-street-sign-indicates-the-intersection-of-main-and-wall-streetsmy hoe U die wêreld en die mense in die wêreld gesien het, en steeds sien. U het gekies dat die onbekendes; en die ongeagte; en die verwerptes; en die armes eerste die goeie nuus van U intrek in ‘n woonbuurt soos myne te laat beleef. Ek wil U in hierdie tyd met ‘n nederige hart aanbid. Ek wil mense sien soos U hulle sien en gesien het.

Want as dit nie was vir U oorvloedige genade op genade nie, sou ek ook waarskynlik in die agterstrate, die “gutters” van hierdie wêreld my lewe geleef het. Maar ek juig oor U lig wat ook in my duisternis kom skyn het en dat geen duisternis daardie lig ooit kon of kan uitdoof nie.

Ek bid maar net dat my adres en die adres van my gemeente die adres sal word wat al hoe meer bekend word as die straatadres van die Woord wat mens geword het en steeds mens word.

Amen

 

One thought on “Gebed vir 24 Desember 2016

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s