Gebed vir 27 Desember 2016

Group of teenagers sitting in classroom with raised hands.Hemelse Vader, vandag wil ek dankie sê vir al die dinge wat ek dikwels so as vanselfsprekend aanvaar. Dankie selfs vir die moeilike en slegte tye in my lewe. Dankie dat ek deur die werking van U Gees nie net U wonderlike en volkome vergifnis kan beleef nie, maar dat ek ook kan beleef wat dit beteken om deur ander vergewe te word en om self te kan vergewe.

So naby aan Kersdag dank ek U nog steeds vir Jesus Christus U Seun wat mens geword het en Continue reading “Gebed vir 27 Desember 2016”

Gebed 26 Desember 2016

Here God Almagtig, ek aanbid U as hqdefaultdie ongeskape God deur wie alles geskep is. Ek aanbid U as die Een wat in die begin reeds daar was en toe gedoen het wat net U kon doen: U het geskep. Ek aanbid U as die Een wat op op Kersdag gedoen het wat net U kon doen en net U kan doen: U, het as die Woord deur wie alles geskep is, mens geword en onder ons kom woon.

En nou is dit my hartsbegeerte om te so te leef dat Kersfees, die Woord wat vlees word en ‘n liggaam aanneem, nie ‘n eenmalige gebeurtenis sal wees nie, Continue reading “Gebed 26 Desember 2016”

Gebed vir 25 Desember 2016

praying_hands_bible_table_actge7Hemelse Vader, help ons om op hierdie dag die geboorte van U Seun en ons Verlosser te vier met die liedere soos die engele; met blydskap soos die herders en met aanbidding soos die wyse manne.

Soos U deur U menswording die deur van die hemel oopgemaak het en hier tussen ons kom woon het, bid ons dat U deur ons, U kinders, se lewens in hierdie lewe vandag weer deure sal oopmaak. Gee dat ons as kerk en as gelowiges vandag en elke ander dag, die deur sal wees na liefde wat in die hart van die Vader ontspring, in die lewe van die Seun gesien word en deur die werking van die Gees beleef word.  Continue reading “Gebed vir 25 Desember 2016”

Gebed vir 24 Desember 2016

Here Jesus, U is die lig vir die wêreld. In hierdie tyd vier ek saam met so baie ander U geboorte. Ons dink aan die dag toe U die hemelse woning verlaat het en in ‘n woonbuurt soos myne, ingetrek het. Ek dank U vir die lig waarmee U elke mens, en ook vir my, verlig het. Ek dank U dat daardie lig ook die lig is waarmee U my denke vernuwe. Ek wil die wêreld en die mense in hierdie wêreld in daardie lig sien. Continue reading “Gebed vir 24 Desember 2016”

Die hermeneutiek van die engel

hermeneuticsIn die kerk is hermeneutiek ‘n woord wat besig is om al hoe meer veld te wen onder alledaagse gelowiges. Predikante is al hoe meer besig om seker te maak hulle verstaan hermeneutiek reg en weet hoe om dit in die praktyk toe te pas.

Hermeneutiek het te make met die manier waarop ons tekste verstaan. Op ‘n geleerde manier sou ons hermeneutiek so kon beskryf:

Hermeneutiek is die studie van verstaanshandelinge, en dan veral van die verstaan van talige uitinge en van tekste. Waar die algemene hermeneutiek as onderdeel van die wysgerige epistemologie gerig is op die voorwaardes vir die verstaan van die produkte van die intellek, is die literêre hermeneutiek, hoewel altyd afhanklik van bg., spesifiek gerig op teksanalise (interpretasie). Lees meer oor hermeneutiek HIER.

Alhoewel die kerk uitsprake van eenstemmigheid oor die gesag van die Bybel maak is dit in hermeneutiek waar die paaie uiteen gaan.

Ek wonder hoe die kerk oor die hermeneutiek van die engel sou geoordeel het.

Josef en Maria is verloof. Continue reading “Die hermeneutiek van die engel”

Die gesag van die Bybel

Ek begin gewoonlik Maandag voorberei wanneer ek die Sondag moet preek. Ek het vir myslisting_nt_wright_bible_5000475565elf sekere minimum mylpale vir elke dag van die week gestel wat bepaal wat ek op watter dag moet doen. Op Maandag lees ek die teksgedeelte gewoonlik vir myself en ek bly besig deur vir myself vrae te formuleer wat by my opkom wanneer ek die teks lees. Gister het my gedagtes weer gedwaal na die gesag van die Bybel.

Onwillekeurig was my gedagtes terug by die Buitengewone Algemene Sinode van 2016. Ek onthou hoe opgewonde ek was toe ons Maandagaand huistoe kom en ek vir my vrou kan sê dat die vergadering sommer baie eenstemmig is daaroor dat die Bybel gesag het. Maar dit is omtrent al waaroor die NG Kerk op hierdie stadium eenstemmig is, en dan lyk dit ook maar na ‘n oppervlakkige eenstemmigheid. Gister het ek bietjie nagedink oor daardie gesag. Ek het die gesag onthou wat ek onder andere in die weermag gehad het.

Ek was in die laaste helfte van die 70’er jare ‘n sersant in die Suid-Afrikaanse Weermag. ‘n Sersant het heelwat gesag gehad. Continue reading “Die gesag van die Bybel”

GAB -Die Plek waar rassiste vry is.

2518734611_dba6dbcf36_bVerlede week lees ek ‘n artikel in Fin24Tech met die opskrif  “White supremacists flock to new social network ‘Gab’”. Gab is ‘n nuwe sosiale netwerk wat belowe dat deelnemers se inhoud nooit gesensor gaan word nie. Gab is die plek waar rassiste veral vry is om te sê wat hulle wil sê. Onder andere staan daar:

Launched in August, Gab has become known as a safe haven for the “alt-right” movement dominated by the white supremacists who are helping fuel America’s deepening polarisation.

Die sosiale platform het ontstaan nadat Twitter die gebruikers wat rassistiese uitsprake gemeek het, se rekenings gesluit het. Die rassistiese uitsprake het natuurlik toegeneem nadat Donald Trump tot president van die VSA verkies is. In die artikel staan daar ook:  Continue reading “GAB -Die Plek waar rassiste vry is.”

KERKBODE: 11 BEREI VOOR VIR REGSTAPPE – DOLEANSIE?

compassion-training-hr-departmentIn ‘n artikel wat gister in die Kerkbode (Ek hoop jy het al die Kerkbode app op jou foon of tablet of rekenaar afgelaai.) verskyn het, neem die NG Kerk kennis dat 11 lidmate van die NG Kerk, wat al baie lank dreig om die kerk hof toe te sleep, nou sekere dokumente aangevra het sodat hulle kan voorberei vir verdere regstappe teen die NG Kerk na aanleiding van die besluit van die 2016 Buitengewone Algemene Sinode met betrekking tot selfdegeslagverhoudings.

Die NG Kerk is in ‘n baie moeilike posisie. Met die besluit oor selfdegeslagverhoudings in 2015 was lidmate ontevrede en het sommige (dalk baie) lidmate die kerk verlaat. Continue reading “KERKBODE: 11 BEREI VOOR VIR REGSTAPPE – DOLEANSIE?”

HOSPITAALBESOEK

sickbedDrie hospitale in een oggend. Vyf pasiënte by drie hospitale. Een gaan vir ‘n groot operasie. Sy wil graag hê haar predikant moet vir haar bid voor sy teater toe gaan later die oggend. Ek dink ek moet vroeg daar wees, voordat sy haar “pre-med” kry. Ek lees saam met haar ‘n paar verse uit Psalm 31 en bid saam met haar. Sy sê sy sien kans vir die operasie. Die ander een is in ICU in dieselfde hospitaal. Sy kan nie praat nie. Kan nie eers haar oë oopmaak nie. Sy druk net my hand en knik stadig en met moeite haar kop as ek vra of ek vir haar kan lees en bid. Ek lees dieselfde verse en bid vir haar. Wanneer ek klaar is loop die trane oor die wange. Oë het nog steeds nie oopgegaan nie. Wanneer ek wegstap, wonder ek of ek haar weer lewend sal sien.

Toe kom die tweede hospitaal. ‘n Ma en ‘n ouma is baie siek. Volgens my gesprek met die kinders laat gisteraand is sy waarskynlik sterwend. Ek meld aan by ontvangs. Net soos by enige hospitaal. Die vriendelike man wys daarop dat dit nie besoektyd is nie. Continue reading “HOSPITAALBESOEK”

GESELSRADIO en ONWETTIGE IMMIGRANTE

Ek bring baie tyd in die motor deur. Vanoggend NG Gemeente Booysen toe en hospitaal toe en na mense toe waarvan die oupa oorlede is. Baie kere as ek ry verkies ek stilte. Ander kere luister ek radio. Iewers in hierdie jaar het ek begin om Radio 702 te luister. Dalk was dit die een oggend toe ek rondsoek na iets om te luister en ek John Robbie se program vroeg die oggend hoor. Ek het dit geniet. Die interaktiewe radioprogram waar mense op verskillende maniere kan deelneem aan die gesprek en die eerlike, openhartige en reguit manier van gesprekvoering.

Radio 702 laat my dink. Radio 702 laat my soms ongemaklik voel. Redi Tlhabi is een van die aanbieders later in die oggend. Toe sy met verlof gaan, toe los Eusebius McKaiser haar af. Omstrede is om dit sag te stel. Continue reading “GESELSRADIO en ONWETTIGE IMMIGRANTE”